
Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie
Loading player...
Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as klein ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Danny Meyer van SMEs Compete gekry, wat sê dikwels is dit die entrepreneurs wat fouteer en nie noodwendig die regering en owerhede nie.

