
Russell Brand tot 10 jaar en ses maande gevonnis
Loading player...
Die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. Die 51-jarige is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van 'n 21-jarige vrou in 2009, asook die seksuele aanranding van drie ander in die 2000's. Hy is vrygespreek op twee verdere aanklagte van verkragting en een aanklag van poging tot seksuele aanranding. Regter Joel Bennathan, wat die vonnis in die Southwark Crown Court in Londen opgelê het, het Brand as 'n "seksuele roofdier" beskryf:

