Die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. Die 51-jarige is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van 'n 21-jarige vrou in 2009, asook die seksuele aanranding van drie ander in die…
Namibië se ekonomie kan met tot N$5,8 miljard krimp indien 80 persent van vee- en vleisuitvoere vir 'n jaar verlore gaan. Dit is volgens 'n nuwe ekonomiese model van Cirrus Capital, wat ook waarsku dat die uitbreking ander sektore en huishoudelike inkomste sal raak. President Netumbo Nandi-Ndaitwah se ekonomiese raadgewer,…
Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensneming verwerp en gewaarsku kwotas vir buitelandse werkers ’n buitensporige administratiewe en finansiële las op ondernemings sal plaas. Die wetsontwerp bemagtig die Departement van Indiensneming en Arbeid om perke op die indiensneming van buitelandse werkers te stel, met boetes van…
Namibiese onderwysinstellings word versoek om hul kursusse by die veranderende behoeftes van die arbeidsmark aan te pas. Die oproep is Maandag tydens die bekendstelling van die sesde uitgawe van die Careers in Namibia-gids in Windhoek gedoen. Die waarnemende uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Aune Mudjanima, sê tegnologiese vooruitgang, klimaatsverandering en…
Die polisie het in die afgelope twee weke tydens landwye operasies byna 25-duisend verdagtes in hegtenis geneem. Dit is deel van die inisiatief vir 'n veiliger feestyd. Onder die gearresteerdes is twee-duisend-680 verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en gewelddadige misdade. Die polisie het ook beslag gelê op…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.