Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner

Loading player...
Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het onsekerheid oor brandstof-aanbod verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met openbarebeleidskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat kortliks die verkrygingswet se voorwaardes verduidelik.
6 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was…
6 Jul 6AM 1 min

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as…
6 Jul 6AM 1 min

NDF sê (nie) oor ontplooiing van gewapende soldate (nie)

Vrae is geopper oor die onlangse toenemende teenwoordigheid van gewapende militêre personeel op die strate van die hoofstad sowel as die B1 naby dorpe, maar die Namibiese Weermag sê daar is geen rede tot kommer nie. Die reaksie volg op kritiek van aktivis Michael Amushelelo, wat die wettigheid van binnelandse…
6 Jul 6AM 1 min