
NDF sê (nie) oor ontplooiing van gewapende soldate (nie)
Loading player...
Vrae is geopper oor die onlangse toenemende teenwoordigheid van gewapende militêre personeel op die strate van die hoofstad sowel as die B1 naby dorpe, maar die Namibiese Weermag sê daar is geen rede tot kommer nie. Die reaksie volg op kritiek van aktivis Michael Amushelelo, wat die wettigheid van binnelandse militêre ontplooiings bevraagteken het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Namibiese Weermag, kolonel Petrus Shilumbu, gepraat wat sê dit is 'n normale ontplooiing.

