Leon ontken alle bewerings dat hy onbehoorlik opgetree het

Loading player...
Voormalige DA-leier, Tony Leon, ontken alle bewerings dat sy skakel-firma, Resolve Communications, enige onbehoorlike politieke invloed in die regering van nasionale eenheid het. Dit volg na bewerings dat DA-ministers deur Leon beïnvloed word om met verteenwoordigers van Elon Musk se Starlink te vergader. Leon het tydens ʼn onderhoud met News24 verklaar dat hy persoonlik nie enige ontmoetings tussen die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, en Starlink aangevra het nie. Hy sê sy maatskappy het wettig en deursigtig opgetree:
6 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min

Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS

Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder,…
16 Oct 10AM 1 min

Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner

Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan…
16 Oct 10AM 1 min