
Twee vas in 2023 se R15m diefstal van edelstene
Loading player...
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die vermeende diefstal in 2023 van edelstene ter waarde van byna 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand by ʼn huis Killarney, Johannesburg. Die eerste verdagte is Vrydag vasgetrek terwyl die tweede persoon homself by die Edenvale-polisiekantoor oorgegee het. Direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê die verdagtes staan tereg op aanklagte van korrupsie weens hul beweerde onwettige optrede tydens die klopjag en beslaglegging op edelstene.

