
Cachalia se teenbende-optrede het misluk, sê DA
Loading player...
Die DA sê waarnemende polisieminister Firoz Cachalia se anti-bendestrategie het misluk, nadat hy erken het geen bendes is tydens die eerste fase van Operasie Prosper ontmantel nie. Volgens die party word gemeenskappe op die Kaapse Vlakte steeds daagliks aan bendegeweld onderwerp ondanks die ontplooiing van polisie en soldate. Lisa Schickerling van die DA doen 'n beroep op intelligensie-geleide polisiëring, sterker speurwerk en spesialisvervolgings wat bendeleiers teiken:

