Fyn balans tussen topklas- en voetsoolvlak sportfasiliteite

Loading player...
Die regering is steeds besig om die Onafhanklikheidstadion op te knap om te voldoen aan internasionale standaarde in beide atletiek en sokker. Die kwessie was ook in die nuus met die reuse-konsultasiefooie wat betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het intussen met sportkommentator Isack Hamata gepraat oor hoe die regering 'n balans kan vind tussen beide wêreldklas-stadions en grondvlak ontwikkeling van sportfasiliteite.
3 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mabushe-kliniek bring gesondheidsdienste aan 12 gemeenskappe 

Inwoners van sowat 12 dorpe en nedersettings in die Mashare-kiesafdeling in die Kavango-Oosstreek sal nou toegang tot gesondheidsdienste hê met die amptelike inwyding van die Mabushe-kliniek. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het die kliniek Maandag saam met plaaslike en streekleiers amptelik ingewy. Die nuwe kliniek behoort die afstand wat inwoners moet…
10 Nov 3AM 1 min

AfriForum verklaar 1 Desember as wêreldwye plaasmoord-herdenkingsdag

AfriForum sê 1 Desember sal wêreldwyd waargeneem word as 'n dag teen plaasmoorde, om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk en hul gesinne te ondersteun. Die datum is gekies ter nagedagtenis aan die tweejarige Wilmien Potgieter, wat in 2010 saam met haar ouers op hul plaas in die Vrystaat vermoor is…
10 Nov 3AM 1 min

Iipumbu wil hê polisiebeamptes moet beter met hul geld werk

Die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu, sê finansiële geletterdheid behoort deel van opleiding vir alle polisiebeamptes te wees. Sy het Maandag tydens 'n vergadering by die Oshikoto-polisiestreekhoofkwartier in Omuthiya voorgestel dat eenhede gestig word waar beamptes finansiële opleiding kan ontvang. Iipumbu sê finansieel ingeligte beamptes kan beter geld-besluite…
10 Nov 3AM 1 min

Russell Brand tot 10 jaar en ses maande gevonnis

Die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. Die 51-jarige is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van 'n 21-jarige vrou in 2009, asook die seksuele aanranding van drie ander in die…
10 Nov 2AM 1 min

Bek-en-klouseer kan ekonomie miljarde kos

Namibië se ekonomie kan met tot N$5,8 miljard krimp indien 80 persent van vee- en vleisuitvoere vir 'n jaar verlore gaan. Dit is volgens 'n nuwe ekonomiese model van Cirrus Capital, wat ook waarsku dat die uitbreking ander sektore en huishoudelike inkomste sal raak. President Netumbo Nandi-Ndaitwah se ekonomiese raadgewer,…
10 Nov 2AM 1 min