NamRA waarsku oor bedrog

Loading player...
Nadat NamRA die publiek gewaarsku het oor belastingbedrog is meer inligting bekend. In 'n onlangse verklaring met 'n lang lys oortredings sê die agentskap oor die afgelope vier jaar is 316 bedrogsake geregistreer, met 41 kriminele sake wat by die polisie aanhangig gemaak is. Daar is ook meer as 144 miljoen Namibiese dollar verhaal uit byna 1 miljard dollar se bedrieglike terugbetalingseise ten opsigte van inkomstebelasting en BTW. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze herinner almal oor belastingbedrog.
3 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump verdedig Hegseth te midde van moontlike ampsklagte 

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die Republikeinse kongreslid, Thomas Massie, gekritiseer omdat hy ampsklag-artikels teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, ingedien het. Massie beskuldig Hegseth dat hy onwettig, sonder die Kongres se goedkeuring, oorlog teen Iran maak en sy magte misbruik. Die poging sal waarskynlik misluk aangesien die…
10 Nov 3AM 1 min

Mabushe-kliniek bring gesondheidsdienste aan 12 gemeenskappe 

Inwoners van sowat 12 dorpe en nedersettings in die Mashare-kiesafdeling in die Kavango-Oosstreek sal nou toegang tot gesondheidsdienste hê met die amptelike inwyding van die Mabushe-kliniek. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het die kliniek Maandag saam met plaaslike en streekleiers amptelik ingewy. Die nuwe kliniek behoort die afstand wat inwoners moet…
10 Nov 3AM 1 min

AfriForum verklaar 1 Desember as wêreldwye plaasmoord-herdenkingsdag

AfriForum sê 1 Desember sal wêreldwyd waargeneem word as 'n dag teen plaasmoorde, om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk en hul gesinne te ondersteun. Die datum is gekies ter nagedagtenis aan die tweejarige Wilmien Potgieter, wat in 2010 saam met haar ouers op hul plaas in die Vrystaat vermoor is…
10 Nov 3AM 1 min

Iipumbu wil hê polisiebeamptes moet beter met hul geld werk

Die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu, sê finansiële geletterdheid behoort deel van opleiding vir alle polisiebeamptes te wees. Sy het Maandag tydens 'n vergadering by die Oshikoto-polisiestreekhoofkwartier in Omuthiya voorgestel dat eenhede gestig word waar beamptes finansiële opleiding kan ontvang. Iipumbu sê finansieel ingeligte beamptes kan beter geld-besluite…
10 Nov 3AM 1 min

Russell Brand tot 10 jaar en ses maande gevonnis

Die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. Die 51-jarige is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van 'n 21-jarige vrou in 2009, asook die seksuele aanranding van drie ander in die…
10 Nov 2AM 1 min