Geopolitieke spanning knel 2026 ekonomiese groei

Loading player...
Namibië se ekonomie het in die eerste kwartaal sy agtiende opeenvolgende kwartaal van positiewe groei sedert die tweede kwartaal van 2021 aangeteken, sê die Bank van Namibië in sy jongste kwartaalverslag. Die ekonomie het met 2 persent gegroei, nadat groei in die laaste kwartaal van 2025 slegs 0,1 persent beloop het. Die groei is hoofsaaklik deur die tersiêre sektor aangevuur. Intussen het inflasie gedurende die kwartaal tot gemiddeld 2,5 persent verlangsaam, danksy laer voedsel- en vervoerkoste. Stygende wêreldwye oliepryse weens die oorlog in Iran het egter later weer inflasie aangevuur, wat in Mei tot 4,1 persent gestyg het. Naufiku Hamunime, die bank se adjunkdirekteur van die korporatiewe kommunikasie en volhoubaarheid, deel die groeiverwagtinge vir die wêreldekonomie vanjaar:
2 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min