Opposisie verwerp ECN-aanstelling van Sindano

Loading player...
Opposisiepartye staan bankvas in hul verwerping van Gerson Sindano se voorgestelde aanstelling as die volgende voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië. Hulle meen die land kan dit nie bekostig om die bestuur van toekomstige verkiesings in die hande te plaas van iemand wat hulle glo deel was van die verkiesingsmislukkings in 2024 nie. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement aangevoer dat Sindano se beweerde noue verbintenis met Swapo ernstige vrae oor sy onafhanklikheid laat ontstaan.
2 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min

Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS

Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder,…
16 Oct 10AM 1 min

Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner

Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan…
16 Oct 10AM 1 min