GNU het nie kommer oor weeklikse March and March-betogings nie

Loading player...
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering is nie bekommerd oor die dreigement van weeklikse betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in die land nie. March and March se stigter, Jacinta Ngobese-Zuma, sê daar gaan vir die volgende ses maande elke week betogings wees om die regering te dwing om aan hul eise te voldoen. Ntshavheni sê die polisie het betogings in Junie bestuur en sal voortgaan om dit te doen:
1 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid en aanspreeklikheid bevorder

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, SALGA, sê politieke partye moet gemeenskappe bo politieke belange stel wanneer hulle gereedmaak om munisipale rade saam te stel. In 138 rade is daar geen volstrekte meerderheid ná die plaaslikeregerings-verkiesing nie, en koalisies moet gevorm word. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid, aanspreeklikheid,…
10 Nov 5AM 1 min

Namcor heropen vulstasie in Otavi, herstel brandstoftoevoer

Motoriste wat deur Otavi reis, kan nou weer by NAMCOR brandstof ingooi ná die heropening van die staatsonderneming se vulstasie in die dorp. NAMCOR-woordvoerder Paulo Coelho sê die heropening is deel van die maatskappy se pogings om te verseker dat daar genoeg brandstof beskikbaar is en dat gemeenskappe en motoriste…
10 Nov 5AM 1 min

Gesondheidsministerie loods landwye inentingsveldtog vir kinders

Ouers word aangemoedig om kinders tussen die ouderdomme van ses maande en 10 jaar te laat inent tydens die gesondheidsministerie se landwye inentingsveldtog teen masels, rubella en polio. Die veldtog, wat van 9 tot 18 November duur, is daarop gemik om kinders teen hierdie voorkombare siektes te beskerm. Die gesondheid-ministerie…
10 Nov 4AM 1 min

Rugby: Erasmus verwag ’n fisiese kragmeting met Frankryk

Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag ʼn reuse-stryd teen Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-kragmeting in Parys. Hy het twee veranderinge aangebring aan die span wat Italië geklop het. Wilco Louw begin op vaskopstut terwyl Thomas du Toit na die bank skuif, en die skrumskakel Cobus Reinach vervang Grant Williams onder die plaasvervangers…
10 Nov 4AM 1 min

Trump verdedig Hegseth te midde van moontlike ampsklagte 

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die Republikeinse kongreslid, Thomas Massie, gekritiseer omdat hy ampsklag-artikels teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, ingedien het. Massie beskuldig Hegseth dat hy onwettig, sonder die Kongres se goedkeuring, oorlog teen Iran maak en sy magte misbruik. Die poging sal waarskynlik misluk aangesien die…
10 Nov 3AM 1 min