Gauteng se omgewingsbegrotig (R646m) te min - DA

Loading player...
Die DA in Gauteng sê die provinsie se omgewingsbegroting van 646 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 2026/2027 is nie genoeg om die toenemende besoedeling en 'n omgewingskrisis te behartig nie. Die party het teen die begroting gestem en gesê inwoners word daagliks geraak deur swak luggehaltemonitering, rioolbesoedeling in riviere en swak beplanning vir klimaatsverandering. Leanne de Jager van die DA sê verminderde befondsing het besoedeling in nywerheidsgebiede soos Ekurhuleni en Tshwane vererger:
1 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min