Starmer sê oor beleggings in verdediging

Loading player...
Die uitgaande Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die nuwe Verdedigingsbeleggingsplan gaan sterk reageer teen die groeiende bedreigings vir Brittanje. Die plan van ongeveer 6,48 triljoen Namibiese dollar sluit beleggings in vir 'n vloot van vier kernwapenduikbote, ammunisie en wapens om voorraad te verhoog. Daar is ook beleggings in innoverende tegnologie, wat die manier verander waarop weermagte met behulp van kunsmatige intelligensie veg. Starmer sê die plan sal teen 2029 die militêre begroting tot 2,7-persent van die bruto binnelandse produk verhoog:
1 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min