Statistiek Suid-Afrika sê kragopwekking het in Mei met nege-persent gedaal in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, en elektrisiteit wat beskikbaar is vir verspreiding het met 4,3-persent gedaal. Kragopwekking het maandeliks met 0,6-persent gestyg en verspreiding het met 1,5-persent toegeneem ná die seisoenale aanpassing. Tsholofelo Ditinti van Statistiek SA sê…
Dit wil voorkom asof die koue in die hoofstad voornemende kwaaddoeners effe aan bande gelê het, met die Copps 94-span wat Vrydagaand hoofsaaklik te doen gehad het met moleste waarin alkohol 'n rol gespeel het. Daar was ook 'n ongeluk op die Westelike Verbypad waarby twee voertuie betrokke was. Kosmos…
Die Madlanga-kommissie het bewerings van onregmatige bedrywighede aangehoor waarin die direkteure van die Carnilinx-tabakmaatskappy, Adriano Mazzotti en Mohamed Sayed, die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrek word. Getuienisleier Adila Hassim het getuienis voorgelê oor ongeregistreerde sigaretvervaardiging, onregmatige toesig oor Inkomstediens-beamptes, kontantbetalings vir vertroulike inligting, en…
Ten spyte van die voortdurende mens-dier-konflik wat boere in die Ohangwena-streek teister, het bewaringsbewustheid en sterker wetstoepassing gehelp om groot wildlewe-misdade in 2025 te voorkom. Tydens haar streeksrede het goewerneur Kadiva Hamutumwa gesê dat geraakte boere meer as 106 000 Namibiese dollar in vergoeding ontvang het deur die Selfonderhoudskema. Sy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.