Seksuele geweld in SA se skole wek groot kommer

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die land het nie ʼn tekort aan regsraamwerke om seksuele geweld in skole te hanteer nie. Die probleem is fragmentasie, vertraagde integrasie en ongelyke toepassing. Die kommissie het ʼn verslag vrygestel wat op ʼn verstommende toename in gevalle van seksuele geweld teen leerders by skole dui. In die 2024/2025-boekjaar is 26 855 voorvalle van kindermishandeling aangemeld, waarvan 9 857 seksuele geweld was. Die Menseregtekommissie se kommissaris, Tshepo Madlingozi, het aan die SABC gesê onder-rapportering is kommerwekkend:
30 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min