BKS-heffing is terug na die tekenbord

Loading player...
Meer inligting is bekend oor die BKS-heffing in oorweging. Die NLU het verlede week produsente gevra om dringend insette te lewer, omdat die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad Donderdag, 25 Junie die heffing in oorweging sou neem. Die voorgestelde heffing stem ooreen met die huidige algemene heffing van 0,7 persent, maar dit sal bereken word deur standaard, gepubliseerde veewaardes te gebruik en word verdeel tussen koper en verkoper. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff, die uitvoerende hoof van vleisstandaarde by die raad gepraat. Sy sê konsultasies is in die vooruitsig.
29 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min