Rehoboth-stadsraad betaal krag vooraf, delg skuld

Loading player...
Rehoboth-burgemeester Jacky Khariseb sê die dorp het sy NamPower-skuld van 247 miljoen Namibiese dollar tot 205 miljoen dollar verminder. In reaksie op 'n waarskuwing aan plaaslike regerings deur energieminister Modestus Amutse, sê Khariseb dat Rehoboth die enigste raad is met 'n ooreenkoms om daaglikse elektrisiteit vooraf te betaal terwyl agterstallige skuld gedelg word, wat kragonderbrekings vir inwoners voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
10 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koalisisies 'kan SA politieke landskap verander'

Samesprekings vir koalisies in Suid-Afrika na die plaaslike regering-verkiesings is nou in volle swang. Volgens kundiges kan dit die politieke landskap aansienlik verander deurdat diverse partye saamwerk vir stabiele nasionale en provinsiale regerings. Professor Dirk Kotze, politieke wetenskaplike aan Unisa in Pretoria, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
10 Nov 7AM 1 min

Namibië se handelstekort bereik N$4,7 miljard in September

Namibië het in September 2026 'n handelstekort van N$4,7 miljard aangeteken, met uitvoere wat met 3,4 persent gedaal en invoere wat met 2,1 persent gestyg het. Volgens die Namibië Statistiekagentskap is die afname in uitvoere hoofsaaklik weens laer inkomste uit diamante, vis, goud en beesvleis. Intussen is hoër invoere van…
10 Nov 5AM 1 min

SAUMA verwelkom verslag oor Stampriet-akwifeer

Die Stampriet-akwifeer-uraanmynvereniging (SAUMA) verwelkom ’n verslag van die Internasionale Atoomenergieagentskap wat kommer uitspreek oor die moontlike impak van die voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek op die beskerming van die Stampriet-akwifeer. Die verslag sê daar is nie genoeg bewyse om te verseker dat ondergrondse waterbronne beskerm sal word nie. Dit volg…
10 Nov 5AM 1 min

SA koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid en aanspreeklikheid bevorder

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, SALGA, sê politieke partye moet gemeenskappe bo politieke belange stel wanneer hulle gereedmaak om munisipale rade saam te stel. In 138 rade is daar geen volstrekte meerderheid ná die plaaslikeregerings-verkiesing nie, en koalisies moet gevorm word. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid, aanspreeklikheid,…
10 Nov 5AM 1 min

Namcor heropen vulstasie in Otavi, herstel brandstoftoevoer

Motoriste wat deur Otavi reis, kan nou weer by NAMCOR brandstof ingooi ná die heropening van die staatsonderneming se vulstasie in die dorp. NAMCOR-woordvoerder Paulo Coelho sê die heropening is deel van die maatskappy se pogings om te verseker dat daar genoeg brandstof beskikbaar is en dat gemeenskappe en motoriste…
10 Nov 5AM 1 min