Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die FBI ondersoek Nvidia se stigter en uitvoerende hoof, die 63-jarige Jensen Huang, se buite-egtelike verhouding met ʼn vermeende Chinese spioen. New York Times het verlede maand berig die sakevrou het inligting aan Beijing oorgedra. Nvidia, die wêreld se tweede grootste maatskappy en toonbeeld…
Die Oostelike en Suider-Afrikaanse Dwelmkommissie beywer hom vir praktiese alternatiewe vir mense wat skuldig bevind word aan dwelmgebruik en minder ernstige dwelmbesit. Suid-Afrika is ʼn deurgangsroete en gebruik- en produksie-middelpunt vir onwettige dwelms. Talle reuse-metamfetamien-fabrieke wat vermoedelik bande met Mexikaanse kartelle het, is onlangs in die land ontdek. Die kommissie…
Samesprekings vir koalisies in Suid-Afrika na die plaaslike regering-verkiesings is nou in volle swang. Volgens kundiges kan dit die politieke landskap aansienlik verander deurdat diverse partye saamwerk vir stabiele nasionale en provinsiale regerings. Professor Dirk Kotze, politieke wetenskaplike aan Unisa in Pretoria, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
Rehoboth-burgemeester Jacky Khariseb sê die dorp het sy NamPower-skuld van 247 miljoen Namibiese dollar tot 205 miljoen dollar verminder. In reaksie op 'n waarskuwing aan plaaslike regerings deur energieminister Modestus Amutse, sê Khariseb dat Rehoboth die enigste raad is met 'n ooreenkoms om daaglikse elektrisiteit vooraf te betaal terwyl agterstallige…
Namibië het in September 2026 'n handelstekort van N$4,7 miljard aangeteken, met uitvoere wat met 3,4 persent gedaal en invoere wat met 2,1 persent gestyg het. Volgens die Namibië Statistiekagentskap is die afname in uitvoere hoofsaaklik weens laer inkomste uit diamante, vis, goud en beesvleis. Intussen is hoër invoere van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.