Namibië het in September 2026 'n handelstekort van N$4,7 miljard aangeteken, met uitvoere wat met 3,4 persent gedaal en invoere wat met 2,1 persent gestyg het. Volgens die Namibië Statistiekagentskap is die afname in uitvoere hoofsaaklik weens laer inkomste uit diamante, vis, goud en beesvleis. Intussen is hoër invoere van…
Die Stampriet-akwifeer-uraanmynvereniging (SAUMA) verwelkom ’n verslag van die Internasionale Atoomenergieagentskap wat kommer uitspreek oor die moontlike impak van die voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek op die beskerming van die Stampriet-akwifeer. Die verslag sê daar is nie genoeg bewyse om te verseker dat ondergrondse waterbronne beskerm sal word nie. Dit volg…
Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, SALGA, sê politieke partye moet gemeenskappe bo politieke belange stel wanneer hulle gereedmaak om munisipale rade saam te stel. In 138 rade is daar geen volstrekte meerderheid ná die plaaslikeregerings-verkiesing nie, en koalisies moet gevorm word. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid, aanspreeklikheid,…
Motoriste wat deur Otavi reis, kan nou weer by NAMCOR brandstof ingooi ná die heropening van die staatsonderneming se vulstasie in die dorp. NAMCOR-woordvoerder Paulo Coelho sê die heropening is deel van die maatskappy se pogings om te verseker dat daar genoeg brandstof beskikbaar is en dat gemeenskappe en motoriste…
Ouers word aangemoedig om kinders tussen die ouderdomme van ses maande en 10 jaar te laat inent tydens die gesondheidsministerie se landwye inentingsveldtog teen masels, rubella en polio. Die veldtog, wat van 9 tot 18 November duur, is daarop gemik om kinders teen hierdie voorkombare siektes te beskerm. Die gesondheid-ministerie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.