Woord vir Vandag - 19 Julie 2026

Loading player...
“…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…” 1 Korintiërs 15:58 NLV
Staan vas
In die dae toe groot beesplase volop in Amerika was, is ‘n klein esel soms aan ‘n wilde perd vasgemaak en dan op die vlaktes losgelaat. Die wilde perd sou die esel kilometers ver sleep en hom soos ‘n sak voer rondgooi. Binne ‘n paar dae sou hulle egter terugkeer. Die klein esel sou eerste opgemerk word, waar hy terug plaas toe met sy onderdanige perd draf. Iewers op die vlaktes sou die perd uitgeput raak en homself van die esel probeer losmaak. Op daardie oomblik het die esel die meester van die twee geword. Die stadige, geduldige, onbelangrike dier het die leier van die vinniger, meer wispelturige en meer gewaardeerde een geword. Wat het die verskil gemaak? Om ‘n standvastige doel te hê! Wat was die esel se doel? Om terug huis toe te gaan! Dus, maak nie saak hoeveel keer die perd baklei het, aan die tou getrek het en op sy rug beland en woedend geskop het nie, die esel het elke keer wat hy weer op sy voete gekom het, nog ‘n paar treë in die rigting van die plaas gee. Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat die moeë en uitgeputte perd besluit om by hom in te val. Een van die groot temas van die Skrif is om ‘n standvastige doelwit te hê. Samuel het vir die Israeliete gesê: ‘Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie’ (1 Samuel 12:21 ABA). Jesaja het geskryf: ‘…Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie’ (Jesaja 50:7 NLV). Paulus het geskryf: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…’
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min