Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV
Erken jou tekortkominge
Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak ons almal foute. Een van die beste voorbeelde van iemand wat sy fout erken het, word in die verhaal van Dawid wat onregverdig deur koning Saul agtervolg is, gevind. Dawid het ‘n voortvlugtige geword en in die proses onwetend die lewens van sekere priesters in gevaar gestel toe hy hulle om hulp genader het. Agimelek, die priester, het hom kos en ‘n swaard gegee en God namens hom geraadpleeg. Doëg, koning Saul se hoofveewagter, het die hele ding aanskou. Saul het Agimelek gekonfronteer, hom daarvan beskuldig dat hy met Dawid saamgesweer het en Doëg beveel om hom en vyf-en-tagtig ander priesters en hul hele families dood te maak. ‘Net Abjatar, een van die seuns van Agimelek en kleinseun van Agitub, het weggekom en na Dawid toe gevlug. Toe hy vir Dawid vertel dat Saul al die priesters van die Here doodgemaak het, roep Dawid uit: ‘Ek het so gedink! Toe ek dié dag vir Doëg die Edomiet daar sien, het ek geweet hy sou vir Saul vertel. Ek het die dood van jou pa se hele familie veroorsaak’ (1 Samuel 22:20-22 NLV). Wat ‘n erkenning! Geen verskonings nie, net ‘n erkenning dat hy ‘n verskriklike fout gemaak het deur by hulle hulp te soek. Hy het hom egter daaraan verbind om nie die fout te herhaal nie en daarvoor probeer vergoed: ‘Bly hier by my en moenie bang wees nie. Die een wat jou wil doodmaak, wil my ook doodmaak. By my is jy egter veilig’ (1 Samuel 22:23 NLV). Mense maak foute. Hulle het blindekolle. Vrede vind plaas wanneer ons ons tekortkominge aan mekaar erken.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min