Woord vir Vandag - 31 Des 2026

Loading player...
“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV
Vergewe jouself hierdie jaar
Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te doen wat God vir jou doen, naamlik om te kies om nie jou sonde te onthou nie. Op dieselfde manier beteken dit om nie boek van jou eie foute te hou wanneer jy jouself vergewe nie. So baie Christene sê: ‘Ek kan ander vergewe, maar hoe kan ek ooit vergeet wat ek gedoen het? Ek weet God vergewe my, maar ek kan myself nie vergewe nie.’ Jy moet onthou dat om jouself te vergewe ‘n lewenslange verbintenis is. Net soos jy ander elke dag moet vergewe, moet jy jouself ook vergewe. Jesus het in Lukas 6:37 (NLV) gesê: ‘…As julle ander vergewe, sal julle vergewe word.’ Kan jy jou die skuld en skande voorstel wat Petrus moes gevoel het nadat hy Jesus verloën het? Die Bybel sê hy ‘…het buitentoe gegaan en onbedaarlik gehuil’ (Lukas 22:62 NLV). Luister egter na die woorde van die engel by die leë graf: ‘Maar gaan sê julle vir sy dissipels, Petrus ingesluit: Hy gaan julle solank vooruit na Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien’ (Markus 16:7 NLV). Die enigste dissipel wat Jesus by die naam uitgesonder het, was Petrus, wat gevoel het dat sy fout groter was as wat hy kon verduur. Toe Jesus opdaag om met Petrus en die ander dissipels wat Hom ook in die steek gelaat het te ontmoet, het Hy met hulle gepraat asof niks gebeur het nie! ‘Vrede vir julle!...Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Johannes 20:21 NLV). God het jou vergewe. Vergeef nou jouself!
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Des 2026

“Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak…” Filippense 1:10 NLV Streef die dinge wat werklik saak maak, na Daar is ‘n verhaal wat vertel word: ‘Daar was eens ‘n man wat die natuur met so ‘n diep en roerende liefde liefgehad het…
18 Nov 2 min