Woord vir Vandag - 29 Des 2026
Loading player...
“Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak…” Filippense 1:10 NLV
Streef die dinge wat werklik saak maak, na
Daar is ‘n verhaal wat vertel word: ‘Daar was eens ‘n man wat die natuur met so ‘n diep en roerende liefde liefgehad het dat sy hom een van haar geheime vertel het. Sy het hom die krag gegee om nuwe plante te skep. Die man het elke plant as ‘n kind met sy eie gesig, sy eie belofte en sy eie unieke karakter gesien. As elke plant se belofte dan versorg en aangemoedig word, sou hulle elke jaar nuttiger en mooier word. Die man het aartappels groter en lekkerder as wat hulle ooit was, gekweek. Hy het die swartbessie geleer om sy dorings af te gooi sodat dit nie die vingers van diegene wat dit pluk om konfyt en pasteie te maak, sou sny nie. Vir hom het die pruim sonder pitte gegroei en aarbeie het die hele jaar ryp gebly. Hy het die aarde met blomme en vrugte wat niemand ooit tevore probeer kweek het nie, bedek. Dit alles het gebeur omdat hy ‘n geheim geken het. Hy het geweet dat alles wat leef, die krag het om groter te word.’ Let op hoe Paulus vir die gelowiges in Filippi gebid het: ‘Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ‘n al beter begrip en aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak…’ (verse 9-10 NLV). Dr. John Maxwell sê: ‘Passie is die eerste stap na prestasie. Hoe sterker jou vuur, hoe groter jou begeerte - en hoe groter jou potensiaal.’ Die woord vir jou vandag is dus: Wanneer dit by jou persoonlike groei, jou werk en jou verhoudings kom, streef die dinge wat werklik saak maak, na.