Woord vir Vandag - 30 Des 2026
Loading player...
“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV
Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak
Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat stres? Dit word ‘stres-praatjies’ genoem! Begin eerder na alternatiewe maniere om jou aksies te beskryf soek, sodat jou woorde jou nie in ‘n strik vang en jou laat stres nie. Kyk na die volgende voorbeelde: Stresgeoriënteerd: ‘Ek moet gou winkel toe hardloop.’ Alternatief: ‘Ek gaan winkel toe.’ Stresgeoriënteerd: ‘Kom ons gryp iets om te eet.’ Alternatief: ‘Kom ons eet middagete.’ Stresgeoriënteerd: ‘Ek gaan in die stort spring.’ Alternatief: ‘Ek gaan stort.’ Stresgeoriënteerd: ‘Ek sal nou-nou terug wees.’ Alternatief: ‘Ek sal binnekort terug wees.’ Stresgeoriënteerd: ‘Ek gaan hierdie deel van die verslag vinnig lees.’ Alternatief: ‘Ek gaan hierdie afdeling kortliks behandel.’ Al hierdie stresgeoriënteerde frases impliseer ‘n gevoel van dringendheid en stuur ‘n boodskap aan jou liggaam om die adrenalien te laat pomp. Selfs al inisieer ons nie hierdie tipe woordeskat nie, word ons steeds met sulke boodskappe uit die media gebombardeer. ‘n Gewilde televisie-advertensie spoor kliënte aan om na hul komende uitverkoping te ‘hardloop, moenie loop nie!’ Daar is dalk ander frases benewens hierdie voorbeelde wat jy gewoond is om te gebruik. Raak bewus van hoe jy jou aktwiteite beskryf. Vang jouself uit wanneer jy dit doen en begin jou woordeskat herprogrammeer. As jy met sperdatums en ander druk te kampe het, moet jy eerder op die oplossings gefokus bly. Die belangrikste is dat jy God vir sy hulp vra. Jy sal dit ontvang. ‘Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:6 NLV).