Woord vir Vandag - 21 Aug 2026

Loading player...
“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV
Die grootste oomblik in jou lewe is nou
Die grootste oomblik in jou lewe is nou. Nie omdat dit aangenaam of gelukkig of maklik is nie, maar omdat dit die enigste oomblik is wat jy het. Elke oomblik in die verlede is onherroeplik verby. Dit kom nooit terug nie. As jy in die verlede leef, verloor jy jou lewe. Die toekoms is altyd iewers daar buite. Jy kan ‘n ewigheid vir môre wag of jou oor môre bekommer. As jy in die toekoms leef, sal jy ook jou lewe verloor. Hierdie oomblik is God se onvervangbare geskenk aan jou. Bowenal is dit hierdie oomblik wat saak maak, want God is in hierdie oomblik. As jy enigsins by God wil wees, moet jy nou by Hom wees - in hierdie oomblik. Daarom sê die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.’ Daarom het die profeet Jeremia gesê dat mens altyd op God se genade kan vertrou, want ‘…Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:23 NLV). Daarom het die apostel Paulus gesê: ‘Wees dus baie versigtig hoe julle lewe… Benut elke geleentheid… probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:15-17 NLV). Frederick Buechner het geskryf: ‘Morning, afternoon, evening - the hours of the day, of any day, of your day and my day. The alphabet of grace. If there is a God who speaks anywhere, surely He speaks here: through waking up and working, through going away and coming back again, through people you meet and books you read, through falling asleep in the dark.’ Dit alles beteken net een ding - die grootste oomblik in jou lewe is nou.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min