Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

Loading player...
“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV
Hoe om ontmoedigende mense te hanteer
Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. ‘Hoekom het jy hierheen gekom?’ vra hy. ‘En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!’ ‘Wat het ek dan nou gedoen?’ antwoord Dawid. ‘Ek het maar net ‘n vraag gevra!’ Hy gaan toe na iemand anders toe en vra dieselfde vraag en kry dieselfde antwoord’ (1 Samuel 17:28-30 NLV). Moenie in die strik trap om te veel aandag aan ‘n ontmoediger te gee nie. Bring jou tyd met diegene wat jou aanmoedig, nie afbreek nie, deur. Selfs koning Saul het vir Dawid gesê: ‘…Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ‘n seun, terwyl hy van jongs af ‘n vegter is!’ (vers 33 NLV). Dawid was egter nie bekommerd oor hoeveel ondervinding Goliat gehad het nie, want hy het geweet dat sy God almagtig is. Hoe tragies is dit wanneer ons ons geloof tot slegs dit wat ons kan sien, beperk. Deur te dink dat ons onvoldoende vir ‘n taak is, raak ons selfgesentreerd en fokus ons op ons eie vermoëns, eerder as op God. Hierdie onafhanklike ingesteldheid sluit God uit en ignoreer die feit dat Hy verklaar het dat sy krag in ons swakheid tot volle verwesenliking kom (sien 2 Korintiërs 12:9-10 NLV). Dawid se oudste broer se naam was ‘Eliab,’ wat ‘God is my vader,’ beteken. Hoe ironies, want hy het glad nie vertroue in God gehad nie. Om dus oorwinning te ervaar, moet jy dalk eers die twyfel en ongeloof van diegene naaste aan jou oorkom.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min