SAPD-hoof vergader met privaat sekuriteitsbedryf

Loading player...
Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê hulle is vasbeslote dat Suid-Afrika nooit weer die vlakke van vernietiging, vrees en onbestendigheid moet ervaar wat tydens die betogings in Julie 2021 gesien is nie. Dit volg terwyl die polisie voorberei vir beplande betogings teen buitelanders op 30 Junie. Dimpane het gister met die privaat sekuriteitsbedryf vergader om verhoudings te versterk ter ondersteuning van openbare veiligheid, misdaadvoorkoming en die handhawing van wet en orde. Sy sê die privaat sekuriteitsbedryf is 'n kritieke vennoot in die handhawing van stabiliteit:
25 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min