NaCC sê oor ultimate.earth ondersoek

Loading player...
Met konsessies in bewareas wat weer in die nuus is, het die Mededingingskommissie 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee rakende sy ondersoek na die ooreenkomste tussen ultimate.earth, voorheen Ultimate Safaris, en drie bewareas, Doro !Nawas, Ûibasen Twyfelfontein en Sorris Sorris. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het die status van die ondersoek uiteengesit.
25 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor vertragings in betalings aan kontrakteurs van GRN

Kommer is in die parlement geopper oor vertragings in betalings aan kontrakteurs wat dienste aan die regering lewer. Die LPM-parlementslid Dawid Eigub het Tesourie-amptenare en regeringsinstellings daarvan beskuldig dat hulle ingediende fakture terughou en betalings teen 'n onaanvaarbaar stadige tempo verwerk. Hy het aangevoer dat die vertragings nie net besighede…
25 Jun 3AM 1 min

Dobbelary onder SA se studente wek kommer

Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube-Ncube, sê dobbelary het 'n ernstige impak op studente se akademiese prestasie, finansies en geesteswelstand. Dube-Ncube het tydens 'n Dobbelary- en Studentewelstandsimposium by die Universiteit Stellenbosch gewaarsku studente wat by dobbelary betrokke is, kan klasse misloop, sukkel om te konsentreer en akademies…
25 Jun 3AM 1 min

SAPD-hoof vergader met privaat sekuriteitsbedryf

Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê hulle is vasbeslote dat Suid-Afrika nooit weer die vlakke van vernietiging, vrees en onbestendigheid moet ervaar wat tydens die betogings in Julie 2021 gesien is nie. Dit volg terwyl die polisie voorberei vir beplande betogings teen buitelanders op 30 Junie. Dimpane het gister…
25 Jun 2AM 1 min

IAEA sal inspeksies in Iran uitvoer

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal binnekort inspeksies in Iran uitvoer ná ʼn tussentydse vredesooreenkoms tussen Amerika en Teheran. Dit is ten spyte van teenstrydige verklarings van Iran en Washington. Iran se ministerie van Buitelandse Sake hou vol toegang tot sy beskadigde kernfasiliteite en kernmateriaal kan slegs binne die raamwerk van ʼn…
25 Jun 2AM 1 min

OG-verslag ontbloot regering se mislukking

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê die ouditeur-generaal se jongste munisipale ouditverslag toon plaaslike regeringsmislukkings bly steeds 'n reuse bron van kommer, met geen metropolitaanse munisipaliteit wat 'n skoon oudit in die 2024/2025-boekjaar behaal het nie. Julius Kleynhans van Outa sê inwoners betaal steeds meer vir dienste terwyl hulle vervalle infrastruktuur…
25 Jun 1AM 1 min