Canyon: 68 stappers per lug ontruim in sewe ure

Loading player...
Die redding van 96 stappers uit die Visrivier-canyon na swaar reënval wat die rivier laat afkom het, is steeds in die nuus. Die Nautedam se sluise moes ook getrek word en die Neckartaldam het oorgeloop, wat die riviervlak verder verhoog het en die stappers vasgekeer het. Die polisie-helikopter wat gebruik is, is geloods deur kommissaris Florentina Ndumbu, hoof van die NamPol-lugvleuel, wat geloof word vir haar professionaliteit en koelkop reddingswerk. Die helikopter kon net nege stappers op 'n slag uit die canyon vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol se //Kharas-bevelvoerder kommissaris Marius Katamila gepraat wat 'n oorsig oor die reddingspoging gee.
25 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min