Drie van Lesotho aangekeer in Jhb-massaskietery

Loading player...
Drie burgers van Lesotho is aangekeer in verband met die massaskietery in die Jumpers-informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, vroeër die maand waarin 13 mense dood en 14 beseer is. Hulle is in die KwaMaiMai-informele nedersetting in hegtenis geneem ná 'n intensiewe ondersoek waarby verskeie spesialis-wetstoepassingseenhede betrokke was. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê die drie mans sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord:
24 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai…
16 Oct 11AM 1 min

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor…
16 Oct 11AM 1 min