Ekonomie groei in 3de kwartaal tot N$66,4 miljard

Loading player...
Namibië se ekonomie het met 1,9 persent gegroei gedurende die derde kwartaal van 2025, laer as die 2,1 persent groei in dieselfde kwartaal van 2024, volgens die jongste statistieke van die Statistieke-agentskap. In nominale terme het die grootte van die ekonomie in die oorsigtydperk uitgebrei tot 66,4 miljard Namibiese dollar vanaf 62,6 miljard dollar wat in dieselfde kwartaal in 2024 aangeteken is. Agentskap-woordvoerder Mirjam Shihepo het meer:
18 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorsaak na brand by Krugerwildtuin word ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê 'n ondersoek is aan die gang na die oorsaak van 'n brand wat die kleinhandelwinkel by die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin in Mpumalanga beskadig het. Besoekers word aangeraai om voorraad saam te bring terwyl die restaurant gesluit bly weens kragonderbrekings as gevolg van die brand…
22 Apr 1AM 1 min

Sunrisers vat derde oorwinning in IPL

ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning van 47 lopies teen die Delhi Capitals gelei. Dis hul derde agtereenvolgende sege in die Indiese Premierliga. Die 25-jarige Sharma het ʼn onoorwonne 135 van 68 balle behaal, wat die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis is. Dit het…
22 Apr 1AM 1 min

Plaaslike drama-talent betower op MSC-skip

Jong Namibiese toneeltalent tree in die globale kollig na indrukwekkende optredes by die gesogte Project Aspiring International Model/Actor, of Project AIM-konvensie wat aan boord van 'n MSC-skip gehou is. Verskeie plaaslike akteurs het met top-eerbewyse, internasionale erkenning en lewensveranderende geleenthede weggestap. Michelle Loubser, eienaar van The Drama Club, het met…
22 Apr 1AM 1 min

Reuse windturbines verander Kolmanskop-horison onherroeplik

Natuurliefhebbers en rolspelers in toerisme is op hol met die nuwe horison by die ikoniese Kolmanskop spookdorp by Lüderitz. Reuse windturbines is opgerig en daar is kommer oor die impak op veral fotografiese toerisme. Dit turbines is deel van die Dias Windplaas deur NamPower en is deur Innovent in die…
22 Apr 12AM 1 min