Tienermeisies 'benodig kontrasepsie vir eie veiligheid'

Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry oor groot kommer in Kavango-Wes met skoolverlatings wat ‘n hoogtepunt bereik het in 2025, toe 1 460 leerders skool verlaat het met 332 meisies wat swanger geword het. In 2024 het 809 leerders skool verlaat met 273 meisies wat swanger geword het. Brigitt Loots, die direkteur van Sister Namibia, verduidelik waarom dit belangrik is vir meisies onder die ouderdom van 16 om toegang tot voorbehoedpille te kry.
15 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:
7 Jul 2AM 1 min

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum…
7 Jul 2AM 1 min

Guterres bepleit billike KI

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van…
7 Jul 1AM 1 min

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê…
7 Jul 1AM 1 min

Agribank se gratis lesings hervat

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.
7 Jul 1AM 1 min