
Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël
Loading player...
Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste ná ‘n polisieskietery gewelddadig geword het, maar volgens De Senneville het dit nog nie toeristegetalle geraak nie. Hy het vanuit Port Louis aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik:

