
Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes
Loading player...
Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en NSFAS werk saam om bewustheid te skep deur slypskole op kampusse, gesprekke met studente en veldtogte oor finansiële geletterdheid:

