Wat gebeur met Guptas se uitlewering, vra AfriForum

Loading player...
AfriForum sê die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, moet duidelikheid verskaf rondom die huidige status van pogings om die Gupta-broers uit die Verenigde Arabiese Emirate te laat uitlewer. Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het verlede jaar verklaar hy sal 'n nuwe aansoek indien vir die uitlewering van Rajesh en Atul Gupta, wat verdink word van betrokkenheid by staatskaping. Jacques Broodryk van AfriForum sê Mothibi moet aandui wat die uitleweringsproses belemmer:
15 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:
7 Jul 2AM 1 min

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum…
7 Jul 2AM 1 min

Guterres bepleit billike KI

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van…
7 Jul 1AM 1 min

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê…
7 Jul 1AM 1 min

Agribank se gratis lesings hervat

Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.
7 Jul 1AM 1 min