Nascam 'ly onder swak toesig, ou stelsels en hoë koste'

Loading player...
Rauna Shipena, 'n spesialis in korporatiewe bestuur, sê deursigtigheid, verantwoordbaarheid en institusionele vertroue bly die grootste uitdagings vir die bestuur van die kreatiewe bedryf. Haar opmerkings kom nadat die raad van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, die uitvoerende hoof Albert Nicanor afgedank het na 'n dissiplinêre verhoor wat hom skuldig bevind het aan ernstige professionele wangedrag. Shipena het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat swak toesigstrukture, hoë administratiewe koste en verouderde stelsels steeds kunstenaars se vertroue ondermyn.
15 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tienermeisies 'benodig kontrasepsie vir eie veiligheid'

Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry oor groot kommer in Kavango-Wes met skoolverlatings wat ‘n hoogtepunt bereik het in 2025, toe 1 460 leerders skool verlaat het met 332 meisies wat swanger geword het. In 2024 het 809 leerders skool verlaat met 273 meisies wat swanger geword het. Brigitt Loots,…
15 May 9AM 1 min

Zuma gaan appelleer teen besluit dat wapensaak voortgaan

Voormalige president Jacob Zuma het sy regspan opdrag gegee om te appelleer teen die uitspraak van die KwaZulu-Natal Hooggeregshof in Pietermaritzburg, wat opdrag gegee het sy wapenhandel-korrupsiesaak moet voortgaan. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staar 'n korrupsieklag van 'n multimiljard-Amerikaansde dollar wapentransaksie van 1999 in die gesig. Regter Nkosinathi…
15 May 9AM 1 min

Wat gebeur met Guptas se uitlewering, vra AfriForum

AfriForum sê die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, moet duidelikheid verskaf rondom die huidige status van pogings om die Gupta-broers uit die Verenigde Arabiese Emirate te laat uitlewer. Die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het verlede jaar verklaar hy sal 'n nuwe aansoek indien vir die uitlewering van Rajesh en…
15 May 8AM 1 min

SA steek Spanje verby in sitrusproduksie

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika se produksiegroei moet beloon word met groter diplomasie en infrastruktuur-ondersteuning. Dit volg nadat die land Spanje amptelik verbygesteek het as grootste sitrus-uitvoerder, met 2,9-miljoen ton in 2025. Dit word toegeskryf aan Spaanse boere wat toenemend probeer aanpas by ingewikkelde klimaatstoestande. Die departement…
15 May 6AM 1 min

Senior partyleiers begin veskuiwings maak om Starmer uit te daag

Politiek in die Arbeidersparty is bedrywig met verskeie senior partylede wat reeds verskuiwings begin maak om as leier van die party te staan. Die Britse politieke historikus Anthony Seldon voorspel die tydlyn vir wanneer 'n nuwe premier gekies kan word, en sê dit kan iewers in September wees, wat hy…
15 May 6AM 1 min