
Zuma gaan appelleer teen besluit dat wapensaak voortgaan
Loading player...
Voormalige president Jacob Zuma het sy regspan opdrag gegee om te appelleer teen die uitspraak van die KwaZulu-Natal Hooggeregshof in Pietermaritzburg, wat opdrag gegee het sy wapenhandel-korrupsiesaak moet voortgaan. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staar 'n korrupsieklag van 'n multimiljard-Amerikaansde dollar wapentransaksie van 1999 in die gesig. Regter Nkosinathi Chilli het verklaar dis in belang van geregtigheid dat die saak voortgaan ongeag enige aansoeke of hangende appèl. Die woordvoerder van die JG Zuma Stigting, Mzwanele Manyi, sê die uitspraak is totaal verkeerd:

