Namibië sluit by Missie 300 aan, kernkrag die middelpunt

Loading player...
Energieminister Modestus Amutse sê kernenergie is die middelpunt van Namibië se planne om kragopwekking te verbeter en in die toekoms te dekarboniseer. Hy het gepraat by die bekendstelling van Namibië se aansluiting by Missie 300. Die inisiatief, gelei deur die Wêreldbankgroep, die Afrika-ontwikkelingsbank en vennote, wil 300 miljoen mense teen 3030 aan betroubare elektrisiteit koppel. Michael Humavindo, die ministerie se uitvoerende direkteur, het meer.
18 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot Inligtingswet 'sal burgers bemagtig'

Terwyl Namibië voorberei om die Wet op Toegang tot Inligting van 2022 te implementeer, herhaal Cran dat die wet demokratiese beginsels sal versterk, en 'n kultuur van openheid en vertroue sal bevorder. Rackel Shikongo, 'n praktisyn vir toegang tot inligting by owerheid, sê indien dit korrek geïmplementeer word, sal die…
1 Apr 11AM 1 min

DJ Warras-moordsaak tot Mei uitgestel

Die saak teen die vermeende moordenaars van Warrick “DJ Warras” Stock is in die Landdroshof in Johannesburg tot 27 Mei uitgestel. Armindo Joaquim Pacula en Victor Majola, bly in aanhouding. Stock is in Desember in die Johannesburgse middestad doodgeskiet. Majola is voorheen borgtog geweier, en die polisie gaan voort met…
1 Apr 11AM 1 min

LPM Jeug stig Jeugbestuursforum, vir politieke verandering

Die LPM se nasionale jeug-element het sy eerste Jeugbestuursforum van stapel gestuur, wat jongmense as sleuteldrywers van demokratiese transformasie posisioneer. Die party sê die forum is daarop gemik om politieke verandering te dryf deur 'n onder-na-bo-benadering, waar jongmense aktief kan deelneem aan die implementering van die party se agenda. Kosmos…
1 Apr 10AM 1 min

Eerste olie kom dalk uit Kavango West-1X put

ReconAfrica tesame met Namcor en BW Energy het aangekondig dat hulle produksietoetse vandeesmaand by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom sal begin. Die aankondiging is in Januarie deur Namcor gemaak, maar ReconAfrica het meer inligting vrygestel. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, het in 'n onderhoud met…
1 Apr 10AM 1 min