Owerheid keelvol vir hommeltuig-oortredings

Loading player...
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid spreek kommer uit oor 'n toename in roekelose gebruik van hommeltuie regoor die land. Die owerheid sê hommeltuigoperateurs vlieg gevaarlik naby lughawens, militêre sones en selfs private huise. Die owerheid se woordvoerder Nelson Ashipala sê die owerheid is keelvol en waarsku dat streng stappe teen oortreders geneem sal word.
9 Sep 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regstellende aksie: 15 maatskappye moet antwoorde verskaf

Lede van die publiek word genooi om die hersieningspaneelverhore van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming by te woon, waar 15 werkgewers ter verantwoording geroep sal word vir die versuim om aan die Wet op Regstellende Aksie te voldoen. Die verhore, wat oop en kwasi-geregtelik van aard is, sal van 21…
20 Jan 3AM 1 min

Starmer moet diplomatiese oplossing met VSA vind, geen ander opsie nie

Reaksie word ontvang op Britse premier Keir Starmer se kommentaar dat dialoog van kritieke belang is rakende Groenland. Daar is menings dat sou president Vladimir Putin die aanmerkings gemaak het, lande verdedigingstelsels in plek sou sit. Darren Jones, Starmer se hoofsekretaris het met Sky News gepraat. Hy sê die VSA…
20 Jan 3AM 1 min

Aansoeke vir Jeugontwikkelingsfonds sal nie sluit nie

Die finansministerie het aangekondig dat die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds nie meer aansoeke sal sluit nie, aangesien voorleggings nou deurlopend aanvaar sal word. Die ministerie sê suksesvolle projekte sal gereeld deur sy amptelike platforms aangekondig word as deel van 'n roetine-uitrolproses. Ministerie-woordvoerder Jonathan Swartz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie stap…
20 Jan 3AM 1 min

Franschhoek-brand is buite beheer

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê brandbestryders gaan voort om die brand wat buite beheer in die gebied bo Franschhoek woed, te beveg. Sterk wind het die brand teen Assegaai-bos laat versprei. Dit het oor die Bergrivier gespring en nuwe brande op die berg bokant die rivier laat ontstaan. Die munisipaliteit…
20 Jan 3AM 1 min

Mk sê gru-ongeluk dui mislukte leerderplasings aan

Die MK-party verbind die tragiese leerdervervoerongeluk in Vanderbijlpark in Gauteng met uitdagings rondom skoolplasings en onveilige vervoeropsies. Veertien leerders is in die ongeluk dood en verskeie ander is in 'n kritieke toestand. Die party sê baie kinders word gedwing om lang afstande te reis om skole buite hul gemeenskappe by…
20 Jan 2AM 1 min