Ramaphosa beklemtoon Gaza-ondersteuning by BRICS

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir 'n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende 'n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir 'n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir geregtigheid en menseregte in die streek bevestig en moedig die BRICS-nasies aan om hulle gesamentlike invloed te gebruik om vrede, regverdigheid, en multi-laterale samewerking in wêreldkonflikte te bevorder:
9 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiese navorsing internasionaal geloof

Reaksie word ontvang op die Namibiese ekoloog, dr. Saima Shikesho, se studie oor die rol van swartrugjakkalse in die verspreiding van !nara-sade wat as die Navorsingstuk van die Jaar vir 2024 aangewys is deur die Zoological Society of London se Journal of Zoology. Volgens kenners kan die eer nog vele…
20 Jan 5AM 1 min

Nederlanders kuier by Meatco

Meatco versterk sy greep op die Europese mark na 'n onlangse besoek deur Europa se grootste vleisprodusent, die Nederlandse Jan Zandbergen-groep. Met Europa wat steeds 46 persent van Namibië se beesvleisuitvoere uitmaak, sê Meatco dat sterk vennootskappe met groot internasionale kliënte die sleutel is om beter pryse te verseker, volumes…
20 Jan 5AM 1 min

Goud- en olieprys vertel storie van olie se neiging

Teen vroeg in 2026 is die goud-tot-olie-verhouding histories hoog, teen sowat 77 tot 80 vate olie per ons goud, wat aandui dat olie onderwaardeer is relatief tot goud. Hierdie beduidende wanbalans, met goud wat as 'n veilige hawe dien te midde van geopolitieke risiko's en inflasie, dui op 'n potensiële…
20 Jan 5AM 1 min

Regstellende aksie: 15 maatskappye moet antwoorde verskaf

Lede van die publiek word genooi om die hersieningspaneelverhore van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming by te woon, waar 15 werkgewers ter verantwoording geroep sal word vir die versuim om aan die Wet op Regstellende Aksie te voldoen. Die verhore, wat oop en kwasi-geregtelik van aard is, sal van 21…
20 Jan 3AM 1 min

Starmer moet diplomatiese oplossing met VSA vind, geen ander opsie nie

Reaksie word ontvang op Britse premier Keir Starmer se kommentaar dat dialoog van kritieke belang is rakende Groenland. Daar is menings dat sou president Vladimir Putin die aanmerkings gemaak het, lande verdedigingstelsels in plek sou sit. Darren Jones, Starmer se hoofsekretaris het met Sky News gepraat. Hy sê die VSA…
20 Jan 3AM 1 min