Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, in vennootskap met die landbou- en waterministerie, het 'n vierjaarprogram voltooi om waterversagting- en behandelingstegnologieë by 17 boorgatterreine in verskeie streke uit te rol. Dit het toegang tot veilige en drinkbare water vir landelike gemeenskappe aansienlik verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die woordvoerder…
Die Amerikaanse president, Donald Trump sê Amerika het 'n ooreenkoms gesluit om 50-miljoen vate olie uit Venezuela te ontvang. Trump het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland gesê die ooreenkoms sal die Amerikaanse energievoorraad 'n hupstoot gee en beide lande bevoordeel. Hy beweer sy administrasie se ekonomiese…
Twee honde het vanoggend daarin geslaag om by die Walvisbaai-DBV te ontsnap nadat onbekende persone die hokke oopgemaak het en verskeie honde in die vroeë oggendure vrygelaat het. Terwyl een van die honde gevind is, word een steeds vermis. Die DBV se Linn Giliomee sê een van die vermiste honde,…
Talle mense waaronder minstens een kind word vermis ná ʼn grondstorting op ʼn kampterrein by die gewilde Mount Maunganui aan die ooskus van Nieu-Seeland. In groot dele van die Noord-eiland het swaar reën chaos veroorsaak en in sommige gebiede het ʼn maand se reën binne 12 ure geval. Nieu-Seeland se…
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is van kritiese belang vir ekonomiese herstel, werkskepping en groei. Die party sê die ANC se huidige buitelandse beleid, insluitend militêre bande met China, Rusland en Iran, bedreig toegang tot Amerikaanse markte en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.