Tom Cruise nou VSA Vloot-held
Loading player...
Die Amerikaanse Vloot se hoogste burgerlike verering is toegeken aan die Hollywood-akteur Tom Cruise vir sy uitstaande bydrae tot die Vloot en die Marinierskorps met Top Gun en ander flieks. Die minister verantwoordelik vir die Vloot, Carlos del Toro, het die toekenning vir Uitnemende Openbare Diens aan hom oorhandig. Die Vloot sê Cruise het openbare bewustheid en waardering verhoog vir sy hoogs-opgeleide personeel en die opofferings wat hulle maak. Die 62-jarige sê hy is trots om die buitengewone erkenning te kry.