VN beoordeel skade van sikloon Chido in Mosambiek
Loading player...
Die Verenigde Nasies beoordeel die omvang van die skade wat sikloon Chido in die noorde van Mosambiek aangerig het. Derduisende mense is ontwortel, insluitend meer as 90-duisend kinders. Die storm het volgens berigte 35-duisend huise beskadig, 186 klaskamers vernietig en lewensbelangrike infrastruktuur geraak, soos gesondheids- en watergeriewe. Stephane Dujarric van die VN sê bykomende befondsing word benodig om humanitêre pogings te steun.