SA wil probleme met wetenskap, tegnologie hanteer
Loading player...
Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê 2025 beloof om nog ʼn goeie jaar te wees vir die bevordering van wetenskap en tegnologie. Die ministerie se woordvoerder, Veli Mbele, sê departement het onlangs ʼn oorkoepelende mantra aanvaar: Wetenskap, tegnologie en innovering moet die middelpunt wees van die regering, onderwys, die samelewing en nywerheid. Hy sê hulle sal in die nuwe jaar wetenskap, tegnologie en innovering meer aggressief inspan om die land se dringendste maatskaplike probleme te hanteer.