Vier lekker fees, maar hou omgewing in gedagte

Loading player...
Die omgewingministerie doen 'n beroep op vakansiegangers en alle Namibiërs om omgewingsveiligheid te prioritiseer tydens die feesseisoen, met sy verhoogde risiko van besoedeling en ander omgewingsuitdagings. Die ministerie het die behoefte aan 'n ekovriendelike en volhoubare benadering tot vieringe beklemtoon. Sleutelfokusareas sluit in die aanpak van rommel, die aanspreek van wildmisdaad en die bestuur van mens-dier konflikte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder, wat uitbrei.
18 Dec 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dit reën lekker in die noorde, maar nie oral

Die noordelike dele van Namibië het die afgelope dae goeie reënval ervaar, wat bestaansboere aangemoedig het om hul landerye te begin bewerk. Geïsoleerde en verspreide buie is in die Omusati-, Oshana- en Oshikoto-streke gerapporteer, waar swaar reënval plek-plek skade aan huise en ander infrastruktuur veroorsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het…
18 Dec 11AM 1 min

ActionSA bring sy kant in parlement

ActionSA sê hy veg ver bo sy gewigsgrens in die parlement, waar hy slegs ses lede het. Athol Trollip van die party sê van die begin van die sewende Parlement af het hulle dieselfde aantal vrae ingedien as die amptelike opposisie, wat meer as 50 lede het. Trollip sê ActionSA…
18 Dec 11AM 1 min

SA wil probleme met wetenskap, tegnologie hanteer

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê 2025 beloof om nog ʼn goeie jaar te wees vir die bevordering van wetenskap en tegnologie. Die ministerie se woordvoerder, Veli Mbele, sê departement het onlangs ʼn oorkoepelende mantra aanvaar: Wetenskap, tegnologie en innovering moet die middelpunt wees van die…
18 Dec 10AM 1 min

VN beoordeel skade van sikloon Chido in Mosambiek

Die Verenigde Nasies beoordeel die omvang van die skade wat sikloon Chido in die noorde van Mosambiek aangerig het. Derduisende mense is ontwortel, insluitend meer as 90-duisend kinders. Die storm het volgens berigte 35-duisend huise beskadig, 186 klaskamers vernietig en lewensbelangrike infrastruktuur geraak, soos gesondheids- en watergeriewe. Stephane Dujarric van…
18 Dec 10AM 1 min