Tieners en hul emosies

Loading player...
In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en kunsberader Armandina Adams deel wenke oor hoe om jou tiener te help om sy of haar emosies op ‘n gesonde manier te reguleer.
29 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Verlies en die impak van 'n ma op generasies

Pastoor Jacques Bornman gesels oor verlies en die Woord. Prof Wentzel Coetzer vertel oor die invloed van ‘n ma op volgende generasies vanuit ‘n pastorale perspektief
3 Mar 1 hr 35 min

Skrywers en Boeke

Susan Jordaan gesels oor die jongste Christelike boeke op die Lux Verbi-publikasielys en Helena Hugo kom vertel meer oor haar jongste roman, Cara.
10 Mar 45 min

Salwing

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik en betekenis van salwingsolies.
24 Feb 1 hr 32 min

Geopende Deure & Trauma-genesing

Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor vanjaar se wêreldwaarnemingslys wat onlangs bekendgestel is. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen is terug in die ateljee om ons gesprek oor neuro-pastorale trauma intervensie voort te sit.
17 Feb 1 hr 38 min

Geestesgesondheid & kinderveiligheid

Sielkundige, Dr Truida Botha, kuier in die ateljee en gesels onder meer oor hoe om negatiwiteit te oorwin en die lewe se uitdagings sommer al vroeg in die jaar reg te hanteer. Jeanli Smit gesels daarna oor kinderveiligheid en die belangrikheid daarvan in elke gesin se lewe.
10 Feb 1 hr 40 min