Barcelona: Nadal behaal eerste oorwinning

--:--
Die 12-malige kampioen, Rafael Nadal, het sy terugkeer ná ʼn besering met ʼn oorwinning in die eerste ronde van die Barcelona Ope gevier. Die Spanjaard het die Italianer, Flavio Cobolli, met 6-2 en 6-3 geklop in sy tweede toernooi van die jaar ná sy eerste in Januarie. Die 22-malige Grand Slam-kampioen kom in die tweede ronde teen die vierde gekeurde Alex De Minaur van Australië te staan terwyl hy voorberei vir die Franse Ope. Nadal sê hy het dit geniet om weer te speel:
17 Apr 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

OVK 'moet ingryp oor ANC se misbruik van mag'

Die Democratic Union-party sê die ANC se versoek dat die diplomatieke korps moet help met die party se veldtog in die buiteland, is 'n blatante misbruik van mag. 'n Brief deur die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC is in omloop waarin hy diplomatieke personeel vra om vandag aan…
30 Apr 8AM 1 min

Projek by Bernafay hervestiging-plaas skop af

Die landbou-ministerie en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die Bernafay hervestiging-plaas geïntegreerde voedselstelsels-projek by Mariental van stapel gestuur. Dit sal na verwagting landbouproduksie verhoog, die plaaslike ekonomie 'n hupstoot gee en 'n langtermyn-pad vir landelike ontwikkeling en selfvoorsiening skep. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes bygewoon, insluitend skenkers en…
30 Apr 8AM 1 min

Namcor se 10% in PEL82 nie goeie nuus nie - kenner

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Namcor ‘n ontginningsooreenkoms met Chevron Namibia Exploration, 'n filiaal van Chevron Global Energy onderteken het. Dit gee Chevron Namibia 'n bedryfsbelang van 80 persent in PEL 82 in die produktiewe Walvis-bekken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, 'n kenner van…
30 Apr 7AM 1 min

Israel moet sy vlootblokkade op Gaza staak

Die ANC-regering doen 'n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die…
30 Apr 7AM 1 min

Winter behoort nie so koud te wees nie, reën kom dalk vroeg

As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook…
30 Apr 7AM 1 min