Israel moet sy vlootblokkade op Gaza staak

--:--
Die ANC-regering doen 'n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die lig van die haglike omstandighede soos 'n dreigende hongersnood in die gebied. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die regering veroordeel Israel se vlootblokkade van Gaza en bestempel dit as 'n skending van internasionale reg en belemmering van noodsaaklike hulpverlening:
30 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Staan mans by vir geestesgesondheid: kenner

'n Stille krisis is besig om in Namibië te ontvou namate geestesgesondheidskwessies onder mans eskaleer. Daar is 'n idee dat mans taai, sterk en altyd in beheer moet wees. Om kwesbaarheid te toon of te erken dat jy oorweldig voel, word dikwels as 'n teken van swakheid gesien. Gevolglik ly…
17 May 1PM 1 min

Voormalige gyselaar vra VN om gyselaarsituasie in Gaza te beëindig

Die voormalige gyselaar in Gaza en stigter van Fair Planet, Shoshan Haran, versoek die VN se Veiligheidsraad om in te gryp met die vrylating van gyselaars in die konflik in Gaza. Sy het tydens ‘n informele byeenkoms in New York, wat deur Amerika byeengeroep is, aangedring op die vrylating van…
17 May 1PM 1 min

Namibië wil digitale kloof oorbrug

Namibië het by die wêreld aangesluit om Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsamelewingsdag te vier onder die tema: “Digitale Innovasie vir Volhoubare Ontwikkeling”. Die dag dien as 'n herinnering aan die eindelose geleenthede wat die digitale ruimte bied, veral in hoe digitale innovasie konnektiwiteit en volhoubare welvaart vir almal kan bevorder. Adjunk-kommunikasie-minister Modestus…
17 May 11AM 1 min

Israel sê SA is bondgenoot van Hamas

Israel beweer Suid-Afrika is 'n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer…
17 May 11AM 1 min

Internasionale Dag teen Homofobie 'belangrik in Namibiese opset'

Die Internasionale Dag teen Homofobie, Bifobie en Transfobie word op 17 Mei gevier. Die dag het ten doel om internasionale geleenthede te koördineer wat bewustheid van LGBT-regteskendings en LGBT-regtewerk wêreldwyd verhoog. In 2016 het die herdenkings in meer as 130 lande plaasgevind. Die LGBT-gemeenskap in Namibië word geteiken in aanvalle…
17 May 10AM 1 min